duimnael|links|Clipperton duimnael|links|Franse kaart van Clipperton Clipperton (Frans: Île de Clipperton of Île de la Passion, Spaans: Isla Clipperton of Isla de la Pasión) is 'n klein eilandjie (11 km²), wat in die Stille Oseaan ten suide van Meksiko geleë is. Die eiland het geen bevolking nie, maar Frankryk onderhou 'n militêre basis op die eiland. Die eiland is nou 'n woestyn, nadat krappe al die plante opgevreet het. Clipperton is genoem ná John Clipperton, die Engelse ontdekker van die eiland.

Die eiland is 'n direkte besitting van Frankryk en word geëis deur Meksiko, wat die eiland vanaf 1905 tot 'n bemiddeling van die Italiaanse koning Viktor Emanuel III in 1931 beset het. Tussen 1858 en 21 Februarie 2007 het die eiland deel van Frans-Polinesië uitgemaak.

Eksterne skakels

Kategorie:Oorsese gebiede van Frankryk Kategorie:Eilande van Frankryk Kategorie:Afhanklike gebiede in Oseanië Kategorie:Afhanklike gebiede in Noord-Amerika Kategorie:Eilande van Noord-Amerika Kategorie:Eilande in Stille Oseaan Kategorie:Omstrede eilande Kategorie:Onbewoonde eilande Kategorie:Koraalriwwe