Malmö 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Landskap 20px Skone Län 20px Skåne Koördinate  Stigting (eerste verwysing) 1275 Oppervlakte:    - Totaal (kommun) 334,45 vk km  - waarvan land 156,9 vk km  Hoogte bo seevlak 12 m Bevolking:    - Totaal (2023) 362 133  - Bevolkingsdigtheid (kommun) 1 082,8/vk km Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat    - Tipe Gematigde seeklimaat  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 9,2 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie 0,8 / 18,5 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 673,2 mm Burgemeester Katrin StjernfeldtJammeh (S) Amptelike webwerf malmo.se

Malmö (Sweeds: [ˈmâlmøː], ; Deens: Malmø, [ˈmælmˌøˀ], ) is 'n metropool van die suidwestelike deel van die Suid-Sweedse skiereiland Skone en die derde grootste stad in die land ná Stockholm en Gotenburg met 'n oppervlakte van 334,45 vierkante kilometer en 'n bevolking van 362 133 (2023). Malmö is die administratiewe setel van die gelyknamige munisipaliteit (Sweeds: Malmö kommun) en die län Skåne.

duimnael|links|'n Lugbeeld van Malmö Malmö is een van die oudste handel- en nywerheidstede van Swede wat danksy die opening van die indrukwekkende Öresundbrug, wat Malmö met die Deense hoofstad Kopenhagen verbind, 'n baie dinamiese groei getoon het. Malmö is tans 'n sentrum van die inligtings- en biotegnologie-bedrywe en die setel van 'n beduidende universiteit. Een van die bekendste argitektoniese bakens van Malmö is die wolkekrabber Turning Torso, wat in 2005 volgens 'n ontwerp van die Spaanse argitek Santiago Calatrava as een van die hoogstes in Europa in die westelike hawebuurt Västra Hamnen ontstaan het. As 'n voormalige nywerheidsbuurt het Västra Hamnen tot 'n moderne kwartier met opspraakwekkende argitektuur ontwikkel.

As die hoofstad van die historiese landskap Skone pronk Malmö daarnaas met 'n ryk argitektoniese erfenis soos Lilla Torg, die Middeleeuse markplein, die Stortorget-plein met die historiese raadsaal en die multikulturele omgewing van die Möllevångstorget-plein. Malmö was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Swede Kategorie:Nedersettings langs die Oossee