Die hotnotskoekemakranka (Gethyllis ciliaris) is 'n meerjarige geofiet wat tot die genus Gethyllis behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Clanwilliam tot by die Kaapse Skiereiland voor. Die plant het die afgelope 70 jaar ongeveer 25% van sy habitat aan gewasverbouing, indringerplante en kusontwikkeling afgestaan.
Galery
Subspesies Die plant het twee subspesies: Gethyllis ciliaris subsp. ciliaris Gethyllis ciliaris subsp. longituba (L.Bolus) D.Müll.-Doblies
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
ciliaris Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika