Haworthia springbokvlakensis is 'n meerjarige sukkulent wat tot die genus Haworthia behoort. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en kom van Klipplaat tot by Kirkwood voor, maar veral op die plaas "Springbokvlakte". Dit het 'n voorkomsgebied van 200 km² en daar is tien subpopulasies. Die bedreiging wat onwettige versamelaars ingehou het is afgeweer, maar oorbeweiding is tans 'n bedreiging.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

springbokvlakensis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika