Lachenalia liliiflora is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die fynbos en renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en het 'n voorkomsgebied van 671 km². Dit kom in die lae gedeeltes van Kaapse kus tussen Tygerberg, Paarl en Gordonsbaai voor maar 75% van die spesie se habitat is totaal verander deur ontwikkeling, veral by Durbanville, Paarl, Stellenbosch en Somerset-Wes. In die Bergriviervallei en op die Joostenberg vlakte is van die plant se habitat oorgeneem deur gewasverbouing. Die oorblywende vyf subpopulasies is gefragmenteer en die totale populasie word op minder 720 plante beraam.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
liliiflora Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika