Lachenalia leipoldtii is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Citrusdal tot by Touwsrivier en Montagu voor waar dit op sanderige vlaktes en lae hellings aan die voet van heuwels groei. Die plant het 'n voorkomsgebied van 355 km² en daar is minder as tien subpopulasies. Die spesie word bedreig deur die uitbreiding van gewasverbouing, veral in die Olifantsriviervallei en by De Doorns.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

leipoldtii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika