Lachenalia contaminata is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Lambertsbaai tot by De Hoop voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 22 000 km² en daar is ongeveer twintig gefragmenteerde subpopulasies. Die plant het habitat afgestaan aan gewasverbouing en word bedreig deur oorbeweiding en indringerplante.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
contaminata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika