Lachenalia dehoopensis is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die fynbos en renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die De Hoop-natuurreservaat voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 4 - 12 km². Daar word vermoed dat die plant uitgestorwe is buite die natuurreservaat en binne die reservaat word dit deur indringerplante bedreig.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
dehoopensis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika