Die Bokkeveldberge is 'n bergreeks wat noord-suid strek en 'n gedeelte van die grens tussen die Wes-Kaap en die Noord-Kaap uitmaak. Dit is oos van die knersvlakte en wes van Nieuwoudtville. Die bergreeks het nie werklik 'n kruin nie; aan die westekant is 'n eskarp en aan die oostekant die Onder-Bokkeveldse plato, wat verder binnelands by die Hantam-Karoo aansluit. Die eskarp is ryk aan unieke flora. Engelsman se punt of Engelspunt (874 m)Reader's Digest Atlas of Southern Africa, 1984, is 'n uitloper van die bergreeks en bekende baken. Die hoogste punt is Moutonsberg (982 m).

Die R27- provinsiale roete loop met die Van Rhynspas langs oor die berg. Die suidelike deel van die bergreeks is 'n meer gebroke landskap, en die Moutonsberg, Oorlogskloof en Oorlogskloof-natuurreservaat is hier geleë.

Verwysings

Kategorie:Bergreekse in Suid-Afrika Kategorie:Eskarpe