Lachenalia doleritica is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die Roggeveld en Hantam Karoo. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom tussen Nieuwoudtville, Calvinia en Williston voor en daar is ses subpopulasies. Die spesie het reeds 20% van sy habitat aan gewasverbouing afgestaan en kan moontlik nog habitat afstaan daaraan. Oorbeweiding is ook 'n bedreiging.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

doleritica Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika