Lachenalia corymbosa is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die fynbos en renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Citrusdal tot by Gordonsbaai voor. Sewe van die veertien subpopulasies van die spesie het verlore gegaan weens gewasverbouing en ontwikkeling die afgelope 100 jaar; 90% van die plant se voorkomsgebied is verander as gevolg hiervan. Die oorblywende sewe populasies is versprei oor 'n voorkomsgebied van 15 000 km².
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
corymbosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika