Lachenalia comptonii is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die fynbos en die Sukkulente Karoo. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap en kom ooswaarts vanaf Karoopoort, deur die suide van die Tankwa Karoo tot by die Roggeveld-eskarp, suidwes van Sutherland en Matjiesfontein, voor waar dit op die suidelike hellings groei.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

comptonii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika