Johannes XII was die 130ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Johannes XII is gebore as Octavianus van Spoleto in ongeveer 937 die seun van Alberic II, prins van Rome en Alda van Vienne. Op 16 Desember 955 volg hy Pous Agapetus II op en regeer tot hy afgeset word op 4 Desember 963. Hy word opgevolg deur Pous Leo VIII. Die naam ‘Johannes' beteken 'God is genadig'.
Pontifikaat Pous Johannes XII was 'n skande, sowel sy verkiesing as sy gedrag na sy verkiesing. Hy het hom oorgegee aan wellus, sodanig dat die Lateraanse paleis as 'n bordeel beskryf is. Hy het die beskerming van koning Otto I van Duitsland nodig gehad om homself te handhaaf en as dank het hy Otto as keiser van die Heilige Romeinse Ryk gekroon op 2 Februarie 962. Otto het ook die Pouslike Staat aansienlik vergroot en versterk (deur die Diploma Ottonianum). Otto het Alberic II aangeval en Pous Johannes het agter sy rug gekonkel met die keiser in Konstantinopel. Keiser Otto was woedend en het Johannes laat afset en vervang met Pous Leo VIII op 4 Desember 963. Nadat Otto Rome verlaat het, het Johannes egter teruggekom en Leo laat afset op 26 Februarie 964 en vervang met Pous Benedictus V. Johannes sterf op 14 Mei 964 aan verwondinge wat hom toegedien is deur 'n man van een van sy minnaresse.Kühner, Hans "Lexikon der Päpste" bls. 119 Ander bronne onder andere Liutprand van Cremona beweer hy is dood as gevolg van 'n beroerte wat hy gekry het terwyl hy met een van sy minnaresse in die bed was.Schreiber, Hermann. "Geschichte der Päpste"bls. 78 – 83
Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .
Verwysings
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Kategorie:Geboortes in 937 Johannes XII Kategorie:Sterftes in 964