Lübeck 280px Kaart Wapen 170px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land 20px Duitsland Deelstaat 20px Sleeswyk-Holstein Koördinate  Stigting 9de eeu / 1143 Stadstatus 1160 (Stadsreg van Soest) Oppervlakte:    - Totaal 214,1 vk km  Hoogte bo seevlak 13 m Bevolking:    - Totaal (31 Desember 2011) 210 577  - Bevolkingsdigtheid 983/vk km Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat    - Tipe Gematigde seeklimaat  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,1 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie -0,3 / 16,5 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 687 mm Burgemeester Jan Lindenau (SPD) Amptelike Webwerf luebeck.de

Die Hansestad Lübeck (Nederduits: Lübęk, Lübeek, Deens: Lybæk) is 'n selfregerende stad in die noorde van Duitsland en die suidooste van die deelstaat Sleeswyk-Holstein. Lübeck is aan die Lübeckse Baai van die Oossee geleë en die tweede grootste stad in die deelstaat na Kiel. Die Middeleeuse stadskern is deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied aangewys.

Die grootste stede in die omgewing is Hamburg (65 kilometer suidwes van Lübeck), Kiel (78 kilometer noordwes van Lübeck) en Schwerin (68 kilometer suidoos van Lübeck). Lübeck grens aan die Europese Metropoolgewes Hamburg. As een van die belangrikste Middeleeuse seehawens en handelstede in Duitsland het Lübeck met sy kenmerkende "Sewe Torings" homself steeds as die "Poort na die Noorde" van Europa beskou.

Geografie Lübeck is aan die benedeloop van die Trave, 'n bevaarbare rivier in die Noord-Duitse Laagvlakte, geleë wat sowat 17 kilometer van die historiese stadskern af in Travemünde in die Oossee uitmond. Die historiese stadskern het op 'n heuwel ontstaan wat 'n eiland tussen die rivierlope van die Trave- en Wakenitz-riviere vorm. Daarnaas loop ook die Elbe-Lübeck-kanaal vanaf Krummesse tot by die Trave deur die stadsgebied van Lübeck.

Die omliggende landskap maak deel uit van die Oos-Holsteinse Heuwelland en is oorspronklik gedurende die Weichsel-ystydperk (pleistoseen) gevorm. Die geografiese ligging naby die Traverivier, wat net voor Travemünde deur die Baltiese Heuwels breek, het die stad se ontwikkeling tot 'n beduidende Oosseehawe bevorder wat uiteindelik die Noord-Europese magsentrum van die Middeleeue sou wees.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike UNESCO bladsy

Kategorie:Nedersettings langs die Oossee Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Duitsland