Leo VIII was die 131ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Leo VIII is in Rome, Italië gebore as die seun van Johannes. Op 4 Desember 963 volg hy Pous Johannes XII op en regeer tot sy afsetting op 26 Februarie 964. Hy word opgevolg deur Pous Benedictus V. Die naam ‘Leo’ beteken 'leeu'.
Pontifikaat Die termyn van Pous Leo VIII was omstrede. Eerstens word hy 'n teenpous toe die afsetting van Pous Johannes XII ongeldig verklaar is. Tweedens is hy self afgeset op 26 Februarie 964. Omrede die afsetting ongeldig verklaar is, was hy pous tot sy dood op 1 Maart 965.
Toe Leo VIII tot pous verkies is, was hy nie eers 'n priester nie. Hy is tot priester en biskop gewy binne een dag deur Sico, biskop van Ostia. Sy verkiesing was op aandrang van keiser Otto I.Mann, Horace. "Pope Leo VIII." The Catholic Encyclopedia. Vol. 9. New York: Robert Appleton Company, 1910. 29 Mei 2008 <http://www.newadvent.org/cathen/09160b.htm>. Daar word beweer dat Leo sy eie afsetting goedgekeur het.
Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .
Verwysings
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Leo VIII Kategorie:Sterftes in 965