Agapetus II was die 129ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Agapetus II is gebore in Rome, Italië. Op 10 Mei 946 volg hy Pous Marinus II op en regeer tot sy dood op 8 November 955. Hy word opgevolg deur Pous Johannes XII. Die naam ‘Agapetus’ beteken 'geliefde'.
Pontifikaat Pous Agapetus II het probeer om die pousdom te hervorm"Roman Catholicism." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 24 Mei 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-257675>. en het die Duitse koning (later keiser) Otto I gesteun in sy pogings om die noorde van Europa te kersten. Die mag in Rome is egter deur Alberic II gehou. Die pous het toegelaat dat Alberic sy buite-egtelike seun Octavianus as Agapetus se opvolger aandui onder die naam Johannes XII.
Agapetus II het in 949 die dispuut tussen Artaud and Hugo oor die bisdom van Reims finaal beëindig deur in die guns van Artaud te besluit. Die besluit bekragtig die besluit van die sinode van Ingelheim in 948.
Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .
Verwysings
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Agapetus II Kategorie:Sterftes in 955