Niekie van den Berg is 'n voormalige Suid-Afrikaanse politikus, radio-omroeper en mediapersoonlikheid. Hy het sy loopbaan as omroeper op 1 Junie 1982 begin by die destydse Afrikaanse Radiodiens van die SAUK.
Van den Berg het in 1989 oorgeskakel na TV-werk. Hy was die regisseur van die aktualiteitsprogram Verslag en 'n aanbieder van die TV-program Uit en tuis saam met Joleen du Plessis.
In 1991 keer hy terug na radio as aanbieder van RSG se program Monitor. Hy het 'n verskeidenheid van programme uitgesaai, die laastes was Sê wie? en Wat sê die prokureur?. Hy het ook verskeie toetse as 'n krieket- en rugby-kommentator op sy kerfstok.
Niekie het in sy loopbaan drie Artesse, asook die Akademieprys vir radiohoorbeeldeAkademiepryse sedert 1909 op akademie.co.za verower.
Filmografie
'n Saak van geloof, 2011
Verwysings
Eksterne skakels RSG Aanbieder: Niekie van den Berg
Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Politici van die Vryheidsfront Plus Kategorie:Suid-Afrikaanse omroepers Kategorie:Suid-Afrikaanse televisieaanbieders Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in die 20ste eeu Kategorie:Lewende mense