Tebogo Steve Kekana (4 Augustus 1958 - 1 Julie 2021) was 'n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy het sy musikale loopbaan in die 1980's begin. Hy het sy studie aan UNISA voltooi.

Lewe en loopbaan Kekana is in Zebediela, Transvaal gebore. Hy verloor sy sig op vyfjarige ouderdom en gaan skool by 'n skool vir blindes in Pietersburg. Gedurende sy skooljare het hy 'n liefde vir musiek en sang ontwikkel en word gedurende sy tienerjare lid van amateurgroepe.

In 1979 en 1980 het Kekana die destydse SABC Black Music-toekenning vir die beste manlike sanger gewen. Kekana's Raising My Family was 'n groot treffer in Europa in 1980. Kekana het altesaam meer as veertig albums opgeneem. Sy liedjies "The Bushman" en "Feel So Strong" (met Hotline) was treffers op die Springbok Radio Chart (die destydse semi-amptelike Suid-Afrikaanse trefferslys) wat onderskeidelik in 1982 en 1983 nommer 13 en nommer 6 bereik het.

Hy het saam met Ray Phiri, Nana Coyote, Joe Nina en Hotline (met PJ Thandeka Powers) opgetree.

Steve Kekana was 'n gegradueerde in B Juris en LLB. Hy was 'n advokaat en lektor in arbeidsreg aan die Universiteit van Suid-Afrika.

Hy het op 1 Julie 2021 weens Covid-19 gesterf.

PeriodeEer / Toekenning1978-2021Ontvang meer as 70 Goue Plaat-toekennings1980Beste manlike sanger (Radio Zulu)1984Verwerf die Four Outstanding Young South African (FOYSA)-toekenning1985Verwerf die Ten Outstanding Young People of the World (TOYP)-toekenning1986Die OKTV-toekenning2010Mama Bheka Gemeenskaptoekenning2018SAMA leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek (SAMA 24)

Diskografie Albums JaarTitelMaatskappy (oorspronklik)1977Steve KekanaHis Master’s Voice1979Nomsa Ntombi YamiHis Master’s Voice1979Mokhotse Oa HaoEMI1980Umenziwa AkakhalelwaEMI1980IphuphoEMI1980ThapeloEMI1981Isiko Lwabe SuthuBullet1981Raising My FamilyEMI1981Kodua Ea MaseruEMI1982Ifuqe Mntanami (Push)Steve Kekana1982Not Going BackCCP Record Company1982Hare KhumamengGallo Record Company1982Amandla AmashaGallo Record Company1983Alone in The DesertSteve Records1984Yintle LentoSteve Records1985Third Time LuckyCBS / Steve Records1986NgiyadlisaSteve Kekana1985SiweleleGallo Record Company1986Love TriangleSteve Kekana1986Bull DozerSteve Kekana1987SebabatsoSteve Kekana1987LindaniGallo Record Company1988MakhomboSteve Kekana1988I Shall Be ReleasedEMI1989Faith, Love and RespectEMI1996UsafiraCool Spot Productions2001IcilongoCool Spot Music2003African LadySony Music2009Ha Ke Le TjeEMI / CCP Record Company2009Isithombe SamiEMI / CCP Record Company2014RisenNext Music2018UbuntuSold Out Music

Samestellings JaarTitelMaatskappy (oorspronklik)1997Golden Hits Vol 1Cool Spot Music1997Golden Hits Vol 2Cool Spot Music1999The English AlbumGallo Record Company1999The Best of Steve Kekana (Sotho)EMI2002The Best of Steve Kekana (Zulu)EMI2011SA Great PerformersGallo Record Company2015Greatest MomentsGallo Record Company2013Colours of AfricaGallo Record Company Kort spelers en Enkelsnitte JaarTitelMaatskappy (oorspronklik)1978Mamsy / Bolova'’ |His Master’s Voice |- |1978 |Rosemary / Sweet Jane|His Master’s Voice |- |1978 |Themba|His Master’s Voice |- |1979 |Nomsa Ntombi Yami|His Master’s Voice |- |1979 |Aka Zenzanga (U Mary) / Uqhoka Amasudi''His Master’s Voice

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Sterftes in 2021 Kategorie:Sterftes aan Kovis-19