Morgan Tsvangirai (10 Maart 1952 – 14 Februarie 2018) was 'n Zimbabwiese leierpolitikus. Hy het die Movement for Democratic Change, die grootste opposisieparty in Zimbabwe, gelei. Vanaf 15 Februarie 2009 tot 11 September 2013 het Tsvangirai onder president Robert Mugabe as eerste minister van Zimbabwe gedien.

Tsvangirai is op 14 Februarie 2018 in Johannesburg oorlede aan kolorektale kanker.

2008-verkiesings duimnael|links|Morgan Tsvangirai ontmoet Barack Obama in 2009 duimnael|links|Morgan Tsvangirai ontmoet Hillary Clinton in 2010 Tsvangirai het by Zimbabwe se verkiesing op 29 Maart 2008 waarskynlik die absolute meerderheid van die stemme gekry, maar nadat die regeringsparty en Robert Mugabe nie daarmee tevrede was nie word alle stemme oorgetel. Die tweede rondte van die verkiesing word op 27 Junie gehou, maar Tsvangirai onttrek homself noodgedwonge as kandidaat voor die verkiesing, weens vrees vir sy eie lewe en dié van sy ondersteuners.

Op 12 September 2008 word gerapporteer dat Robert Mugabe en Morgan Tsvangirai 'n magsdelingsooreenkoms geteken het. Skikking in Zim , Beeld, besoek op 12 September 2008

Verwysings

Verdere leeswerk

Eksterne skakels MDC se webwerf Zimbabwe Election 2008

Kategorie:Eerste Ministers van Zimbabwe Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Sterftes in 2018