Johannes IX was die 116de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Johannes IX is gebore in 840 in Tivoli, Italië die seun van Rampoald. Voor sy verkiesing was Johannes 'n Benediktyner monnik en is tot priester gewy deur Pous Formosus. In Januarie 898 volg hy Pous Theodorus II op deur die invloed van keiser Lambert van Spoleto. Hy regeer tot sy dood in Januarie 900 en word opgevolg deur Pous Benedictus IV. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
Pontifikaat Gelyktydig met die verkiesing van Pous Johannes IX het die teenstanders van Pous Formosus Teenpous Sergies III verkies, maar hy is gewelddadig verdryf en geëkskommunikeer. Pous Johannes bekragtig die rehabilitasie van Pous Formosus wat reeds deur sy voorganger Pous Theodorus II deurgevoer is. Hy laat die notules van die "kadawersinode" verbrand. Die pous het goeie betrekkinge met keiser Lambert onderhou en hom onvoorwaardelik gesteun tydens die keiser se stryd met Arnolf van Karintië. Om die bande met die keiser te versterk, bepaal hy dat 'n pous slegs ingehuldig kan word in die teenwoordigheid van die keiser of sy gesant. Na Johannes se onverwagse dood in 900 begin die Romeinse adellikes weer onder mekaar baklei.
Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Kategorie:Geboortes in 840 Johannes IX Kategorie:Sterftes in 900