Theodorus II was die 115de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Theodorus II is in 840 gebore in Konstantinopel (Rome volgens BBKL en PTA), die seun van (Patriarg ?) Photius. Hy word priester gewy deur Pous Stefanus V. Sy broer Theotius was 'n biskop. In November 897 volg hy Pous Romanus op en regeer tot sy dood in Desember 897. Hy word opgevolg deur Pous Johannes IX. Die naam ‘Theodorus’ beteken 'gawe van God'.
Pontifikaat Pous Theodorus II het slegs 20 dae regeer gedurende Desember 897. Hy het Pous Formosus gerehabiliteer en al die wydinge wat deur Formosus uitgevoer is weer geldig verklaar. Hy het die liggaam van Formosus wat in die Tiber-rivier gegooi is en by Porto weer uitgehaal is, laat herbegrawe in die Sint Pieterskerk.
Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Theodorus II