Bradypodion (met die betekenis van "met stadige pote" in Grieks) is een van ses genusse van verkleurmannetjies binne die familie van ware verkleurmannetjies, naamlik Chamaeleonidae. Hulle is inheems aan Suider-Afrika en word soms gesamentlik na verwys as Suid-Afrikaanse dwergverkleurmannetjies. Sommige outeurs plaas ander klein verkleurmannetjies van Oos- en Sentraal-Afrika ook in hierdie genus, maar dit is heel waarskynlik onakkuraat.

Spesies Sewentien spesies word erken:

Beeld Algemene naam Wetenskaplike naam Beskrywing 120px Swartberg-dwergverkleurmannetjie B. atromontanum Wes-Kaap, Suid-Afrika. 120px uMlalazi-dwergverkleurmannetjie B. caeruleogula KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. 120px Transkei-dwergverkleurmannetjie B. caffer Oos-Kaap, Suid-Afrika 120px Knysna-dwergverkleurmannetjie B. damaranum Knysna, Wes-Kaap, Suid-Afrika. Drakensberg-dwergverkleurmannetjie B. dracomontanum Drakensberg, Suid-Afrika 120px Robertson-dwergverkleurmannetjie B. gutturale (moontlik meer as een spesie) Wes-Kaap, Suid-Afrika. Kentani-dwergverkleurmannetjie B. kentanicum Oos-Kaap, Suid-Afrika. 120px Swartkopdwergverkleurmannetjie B. melanocephalum KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Zoeloeland-dwergverkleurmannetjie B. nemorale (waarskynlik meer as een spesie) Suid-Afrika. Ngome-dwergverkleurmannetjie B. ngomeense Ngome-woud, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. 120px Namakwa-dwergverkleurmannetjie B. occidentale Weskus van Suid-Afrika en Namibië. 120px Kaapse dwergverkleurmannetjie B. pumilum Wes-Kaap, Suid-Afrika Setaro se dwergverkleurmannetjie B. setaroi Noordelike KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. 120px Smith se dwergverkleurmannetjie B. taeniabronchum Suid-Afrika. 120px Natal Middellande-dwergverkleurmannetjie B. thamnobates KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. 120px Transvaal-dwergverkleurmannetjie B. transvaalense Mpumalanga en Limpopo, Suid-Afrika. 120px Suidelike dwergverkleurmannetjie B. ventrale Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Eksterne skakels