thumb|200px|links|’n Rigveda-manuskrip in Devanagari, vroeg 19de eeu.
Die Rigveda of Rig Veda (Sanskrit: ऋग्वेद, van ऋच् ṛc, "lof", en वेद veda, "kennis") is ’n antieke Indiese versameling Sanskrit-gesange. Dit is een van die vier kanonieke heilige geskrifte (śruti) van Hindoeïsme wat as die Vedas bekend is.Michael Witzel (1997), The Development of the Vedic Canon and its Schools : The Social and Political Milieu, Harvard University, in Antonio de Nicholas (2003), Meditations Through the Rig Veda: Four-Dimensional Man, , p. 273
Die Rigveda is die oudste bekende Vediese Sanskrit-geskrif en een van die oudste bestaande geskrifte in enige Indo-Europese taal. Die inhoud van die Rigveda is sedert die 2de millennium v.C. mondeling oorgedra. Filologiese en histories linguistiese bewyse dui daarop dat die grootste deel in die noordwestelike streek van die Indiese subkontinent saamgestel is, heel moontlik tussen omstreeks 1500 en 1000 v.C., hoewel omstreeks 1700 tot 1000 v.C. ook al aangedui is.
Die geskrifte bestaan uit verskillende dele, die Samhita, Brahmanas, Aranyakas en Upanishads. Die Rigveda Samhita is die kernteks; dit is ’n versameling van 10 boeke (mandalas) met 1 028 gesange (suktas) in sowat 10 600 verse (ṛc). In die agt boeke wat eerste saamgestel is – Boek 2 tot 9 – bespreek die gesange hoofsaaklik kosmologie en prys gode.Werner, Karel (1994). A Popular Dictionary of Hinduism. Curzon Press. .Stephanie Jamison en Joel Brereton (2014), The Rigveda : the earliest religious poetry of India, Oxford University Press, , ble. 4, 7-9 Die onlangser boeke – Boek 1 en 10 – behandel deels ook filosofiese en spekulatiewe vrae, deugde soos dana (welsyn) in die gemeenskap,C Chatterjee (1995), Values in the Indian Ethos: An Overview, Journal of Human Values, Vol 1, No 1, ble. 3-12 vrae oor die oorsprong van die heelal en die aard van die goddelike, en ander metafisiese kwessies.Antonio de Nicholas (2003), Meditations Through the Rig Veda: Four-Dimensional Man, , pp. 6469;Jan Gonda, A History of Indian Literature: Veda and Upanishads, Volume 1, Part 1, Otto Harrassowitz Verlag, , ble. 134-135;
Sommge van die verse word steeds tydens Hindoevierings van deurgangsrites (soos troues) en gebede opgesê, wat dit waarskynlik die wêreld se oudste godsdiensgeskrif maak wat aaneen gebruik is.Lester Kurtz (2015), Gods in the Global Village, SAGE Publications, , bl. 64
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hindoeïsme