Beeldspraak is figuurlike taalgebruik oftewel 'n stylfiguur. Die gedagte aan iets bepaalds (die referent) roep ander sake (beelde) in die gedagtes op wat verband hou met die referent en 'n ooreenkoms daarmee toon. Hierdie kognitief-ervare ooreenkomste word assosiasie (uit die sielkunde) genoem. Beeldspraak is 'n vorm van assosiasie.

Standaarduitdrukkings in Afrikaans wat op beeldspraak gebaseer is, is: Hy is so steeks/koppig soos 'n esel. Die hart van die stad.

Vorme Vorme van beeldspraak is: allegorie battologie homeriese vergelyking metafore metonieme personifikasie vergelyking Idiome

Verwysings

Bronne Ton den Boon, Stijlfiguren, Sdu, 2001, verskeie paragrawe Paul Claes & Eric Hulsens, Groot retorisch woordenboek, Vantilt, 2015, blz. 44

Nota

Kategorie:Taalkunde