Atman (Sanskrit: आत्मन्) beteken die innerlike self, gees of siel.W.J. Johnson (2009), A Dictionary of Hinduism, Oxford University Press, .David Lorenzen (2004), The Hindu World (reds. Sushil Mittal en Gene Thursby), Routledge, , ble. 208-209 In Hindoefilosofie, veral die Vedanta-skool van Hindoeïsme, is "atman" die eerste beginsel:Deussen, Paul en Geden, A.S. The Philosophy of the Upanishads. Cosimo Classics (1 Junie 2010). bl. 86. . die ware self van ’n individu. Om moksha (bevryding) te bereik moet ’n mens selfkennis (atma gyan) opdoen.

Die ses ortodokse skole van Hindoeïsme glo daar is ’n atman in elke lewende wese. Dit verskil van Boeddhisme, wat glo daar is geen siel of self nie.John C. Plott et al (2000), Global History of Philosophy: The Axial Age, Volume 1, Motilal Banarsidass, , bl. 63KN Jayatilleke (2010), Early Buddhist Theory of Knowledge, , ble. 246-2492

Definisie Die Sanskrit-woord ātman beteken "essensie, asem, siel".R Dalal (2011), The Religions of India: A Concise Guide to Nine Major Faiths, Penguin, , bl. 38 Dit is afgelei van die Proto-Indo-Europese woord *h₁eh₁tmṓ (’n wortel wat beteken "asem"; vergelyk die Nederlandse adem en Duitse atmen "om asem te haal"). Dit kan ook verbind word met die Griekse woord atmos, waarvan die woord "atmosfeer" afgelei is.Atman Etymology Dictionary, Douglas Harper (2012)

Atman word in Hindoeïsme beskou as ewig, onverganklik, bo tyd verhewe, "nie dieselfde as liggaam of gedagtes of bewussyn nie, maar... maar iets bo dit verhewe wat hulle almal deurdring".

Atman is ’n metafisiese en spirituele begrip vir Hindoes wat dikwels in hulle geskrifte bespreek word saam met die begrip brahman.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hindoeïsme