thumb|180px|’n Individuele puja. Puja (Devanagari: पूजा) is ’n aanbiddingsritueel in Hindoeïsme vir een of meer gode, ter ere van ’n gas of om ’n gebeurtenis spiritueel te vier.James Lochtefeld, The Illustrated Encyclopedia of Hinduism, Vol. 2, , ble. 529-530.Paul Courtright, in Gods of Flesh/Gods of Stone (Joanne Punzo Waghorne, Norman Cutler, and Vasudha Narayanan, reds), , Columbia University Press, sien Hoofstuk 2. Die Sanskrit-woord pūjā beteken "eerbiedig, vereer, aanbid".पूजा Sanskrit Dictionary, Duitsland (2009) Puja, die liefdevolle offer van lig, blomme en water of kos aan ’n godheid, is ’n essensiële ritueel in Hindoeïsme.
Gebruike Puja-rituele word ook in Boeddhisme en Djainisme gehou. In Hindoeïsme word dit op ’n verskeidenheid geleenthede, tye en plekke gedoen. Dit kan ’n individuele puja tuis wees, of deel van ’n tempelseremonie of jaarlikse fees. In ander gevalle word dit gedoen as deel van deurgangsrites, soos ’n geboorte of troue, of voor ’n nuwe onderneming. Puja in Hindoeïsme is nie verpligtend nie. Vir sommige kan dit ’n daaglikse rirueel wees, vir ander periodiek en vir nog ander iets wat selde gedoen word.
Puja verskil volgens die sekte, streek, geleentheid en godheid. ’n Hindoe sal gewoonlik ’n puja alleen uitvoer, maar soms in die teenwoordigheid van ’n priester wat goed opgelei is in die ingewikkelde ritueel en gesange. In laasgenoemde geval kan kos, vrugte of soetgoed ingesluit wees as offerandes vir die fees of god; daarna word dit deur almal teenwoordig geniet.Puja, Encyclopædia Britannica.Hiro G. Badlani (2008), Hinduism: a path of ancient wisdom, , ble.. 315-318.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hindoeïsme Kategorie:Joga