Gladiolus geardii is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Gladiolus behoort. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap waar dit in die Baviaanskloof-, Groot Winterhoek-, Kouga- en Van Stadensrivierberge voorkom. Die plant het groot gedeeltes van sy habitat afgestaan vir die aanlê van plantasies. Indringerplante soos eucalyptus en pinus-spesies bly 'n bedreiging.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika geardii