duimnael|regs Knack is 'n weeklikse Vlaamse nuustydskrif wat plaaslike nuus, politiek, sport, sake, werksgeleenthede en gemeenskapsgebeure dek.
Geskiedenis Knack is in 1971 gestig as die eerste Vlaamse nuustydskrif in België. Die tydskrif is gemodelleer op L'Express van Frankryk. Knack het 'n linkse begronding.
Die eienaar van die tydskrif is die Roularta Mediagroep. Dit word op Woensdae gepubliseer. Die hoofkwartier van die tydskrif is geleë in Brussel. Dit is die Vlaamse ekwivalent van die Franstalige nuustydskrif Le Vif/L’Express wat ook besit word deur die Roularta Mediagroep. Beide tydskrifte word gepubliseer deur Roularta Printing, 'n filiaal van die Roularta Mediagroep.
Knack beskik ook oor bylae soos Knack Weekend, Focus Knack en Mondiaal Nieuws, 'n alternatiewe maandelikse nuustydskrif.
Sirkulasie Knack het in onderskeidelik 1998 en 1999 oplae van 123,924 en 126,303 eksemplare gehad. In 2001 was die oplaag 144,000 eksemplare.
Knack het gedurende die tydperk 2006 tot 2007 'n gemiddelde oplaag gehad van 142,000 eksemplare. In 2008 was die oplaag 141,678 eksemplare en gedurende die eerste kwartaal van 2009 141,361 eksemplare. Die tydskrif het in onderskeidelik 2010 en 2011 oplae van 112,928 en 110,423 eksemplare gehad. In 2012 was die oplaag 103,298 eksemplare. In 2013 was die oplaag 104,542 eksemplare.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webblad
Kategorie:Tydskrifte