Gladiolus acuminatus is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Gladiolus behoort en deel van die fynbos-bioom is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap vanaf Caledon tot by Bredasdorp. Die plant het 80% van sy habitat afgestaan aan graan-produksie. Die oorblywende plante kom in gefragmenteerde subpopulasies voor. Indringerplante en oorbeweiding is tans 'n bedreiging.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika acuminatus