Mon (ဘာသာမန်) is 'n Austro-Asiatiese taal wat deur die Mon as moedertaal gepraat word. Mon is, nes die verwante Khmer, maar in teenstelling met die meeste ander tale van die vastelandse Suidoos-Asië, nie 'n tonale taal nie. Mon is 'n erkende inheemse taal in beide Mianmar en Thailand.

duimnael|links|'n Antieke Mon-inskrif in Laos Mon is in Unesco se wêreldatlas van bedreigde tale as 'n "kwesbare" taal gelys. Dié taal staar assimilatiewe druk in beide Mianmar en Thailand in die gesig, waar baie Mon-mense nou eentalig met onderskeidelik Birmaans of Thai is. In 2007 is die aantal Mon-sprekers tussen 800 000 en 1 miljoen geskat. In Mianmar woon die meeste Mon-sprekers in die suide van die land, veral in die Mon-deelstaat, maar ook in die Tanintharyi-streek en die Kayin-deelstaat.

Die alternatiewe benaming van die Austro-Asiatiese tale – Mon-Khmer-tale – is van die twee tale Mon en Khmer afgelei.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Austro-Asiatiese tale Kategorie:Tale van Mianmar Kategorie:Tale van Thailand