Hariyanavi (हरियाणवी, hariyāṇvī) of Haryanvi (हरयाणवी, harayāṇvī) is 'n Indo-Ariese taal of dialek wat in die Indiese deelstaat Haryana gepraat word. Dit word ook in 'n mindere mate in metropolitaanse gebiede soos Delhi en Kolkata gepraat. Haryanvi word soos Khariboli en Braj as 'n Wes-Hindi-dialek beskou en met die Devanagari-skrif geskryf.
Verwysings
Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Tale van Indië Kategorie:Haryana