Braj (ब्रजभाषा, Braj Bhāshā) is 'n Indo-Ariese taal wat in die Indiese deelstate Uttar Pradesh en Rajasthan deur sowat 1,6 miljoen mense gepraat word. Dit word soms as 'n dialek van Hindoestani beskou, maar ook as 'n Wes-Hindi-taal in eie reg. Braj was gedurende die 19de eeu saam met Awadhi ('n variant van Oos-Hindi), voordat dit deur Hindoestani vervang is, een van die twee oorheersende literêre tale van Noord-Sentraal-Indië. Agra en Delhi is van die grootste Indiese stede waar Braj gepraat word en van sy moedertaalsprekers is veral aanhangers van die Hindoegod Krisjna.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Tale van Indië Kategorie:Uttar Pradesh