duimnael|200px|Standbeeld van Andrea Orcagna, Uffizi, Florence

Andrea di Cione di Arcangelo (c. 1308 – 25 Augustus 1368), beter bekend as Orcagna, was 'n Italiaanse skilder, beeldhouer en argitek wat aktief was in Florence. Hy het as konsultant gewerk aan die Katedraal van Florence en toesig gehou oor die konstruksie van die vooraansig van die Orvieto Katedraal. Sy Strozzi Altaarstuk (1354–57) is noemenswaardig omrede dit 'n nuwe rol vir Christus daargestel het as bepaler van Katolieke leerstellinge en pouslike gesag.

Werke Orcagna se werke sluit in:

"Altarpiece of the Redeemer" (1354–57) in die Strozzi di Mantova Kapel by Santa Maria Novella, Florence Die tabernakel in Orsanmichele (voltooi in 1359) wat beskou word as "die mees perfekte werk van sy soort in die Italiaanse Gotiek". Sy fresko getiteld The Triumph of Death het Liszt se meesterwerk, Totentanz, geïnspireer. Sy fresko getiteld Crucifixion, met 'n groot aantal engele om die kruis, uitgebeeld teen 'n donker agtergrond (1365).

Die mosaïekdekorasie van die Katedraal van Orvieto word onder andere toegeskryf aan Orcagna.

Leerlinge Van Orcagna se leerlinge was: Nello di Vanni, 'n skilder van Pisa uit die 14de eeu, wat ook gewerk het vir die Camposanto Monumentale (Monumentale Begraafplaas). Tommaso del Mazza, ook Tomasso di Marco genoem deur Giorgio VasariLe vite de' più eccellenti pittori, scultori ed architettori, Volume 1, deur Giorgio Vasari, Redakteur G. C. Sansoni, (1906); bladsy 609. Jacopo di Cione, broer van Andrea en hoofsaaklik beeldhouer en argitekVasari, page 610.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Kategorie:Italiaanse skilders Kategorie:Geboortes in 1308 Kategorie:Sterftes in 1368