Die kammetjie (Freesia caryophyllacea) is 'n dwerg, meerjarige geofiet wat endemies is aan die Wes-Kaap en deel vorm van die fynbos. Die spesie kom voor van Wolseley tot by Swellendam, Hermanus en die Agulhasvlakte. Die plant word 5 tot 10 cm groot. Die plant het reeds 77% van sy habitat verloor aan landbou aktiwiteite, stedelike ontwikkeling en indringerplante. Die verskynsel hou steeds aan.
Die plant blom in April, Mei en Junie, die blomme is wit.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018
caryophyllacea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika