Nivenia is 'n genus van blomplante wat tot die familie Iridaceae hoort. Die genus is reeds in 1808 beskryf en is endemies aan die Wes-Kaap.Kew World Checklist of Selected Plant Families Spesies van die genus is almal immergroen struike met 'n houtagtige wortelstelsel. Al die spesies vorm deel van die fynbos.John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018
Die genus is vernoem na die Skotse botanikus, James Niven (1774-1826), een van die eerste botanici wat die plante van die genus versamel het.
Spesies Nivenia argentea Goldblatt Nivenia binata Klatt Nivenia concinna N.E.Br - Viljoenspas Nivenia corymbosa (Ker Gawl.) Baker Nivenia dispar N.E.Br - Olifantskloof Nivenia fruticosa (L.f.) Baker - Langeberg Nivenia inaequalis Goldblatt & J.C.Manning Nivenia levynsiae Weim. Nivenia parviflora Goldblatt Nivenia stenosiphon Goldblatt Nivenia stokoei (L.Guthrie) N.E.Br. - Caledon
Verwysings
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika