Die blousterretjie (Nivenia corymbosa) is 'n immergroen struik wat deel van die Iridaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos-bioom. Die plant kom voor in die berge tussen Tulbagh en Wellington. Die struik word 0.5 m tot 2 m hoog. Die plant blom in Februarie en Maart en die blomme is lig tot donker blou.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online PlantzAfrica
corymbosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika