duimnael|regs|Die Ponte Vecchio Die Ponte Vecchio ("Ou Brug", ) is 'n middeleeuse steensegment-boogbrug oor die Arno in Florence, Italië. Die brug is bekend om sy nabygeleë luukse winkels. Slagters, leerlooiers en boere het aanvanklik die winkels betrek; maar tans word die winkels gehuur deur juweliers, kunshandelaars en verkopers van allerlei aandenkings. Die twee naasliggende brûe is die Ponte Santa Trinita en die Ponte alle Grazie.

Geskiedenis en konstruksie Die brug strek oor die Arno se smalste punt Touring Club Italiano, Firenze e dintorni 1964: 321 waar die brug vermoedelik die eerste keer in Romeinse tye gebou is, toe die via Cassia die river op hierdie punt oorgesteek het. Die Romeinse steunpilare was van klip, en die hoofstruktuur van hout. Die brug word die eerste keer genoem in 'n dokument uit 996 en is in 1117 deur 'n vloed vernietig en met klip herbou. In 1218 is die Ponte alla Carraia, 'n houtstruktuur, daar naby gevestig, wat daartoe gelei het dat dit Ponte Nuovo genoem is, relatief tot die ouer (Vecchio) struktuur. Dit is weereens in 1333 tydens 'n vloed meegesleur, met die uitsondering van twee van sy sentrale steunpilare, soos Giovanni Villani opgemerk het in sy Nuova Cronica. Bartlett, Kenneth R. (1992). The Civilization of the Italian Renaissance. Toronto: D.C. Heath and Company. (Paperback). Page 40. Dit is in 1345 herbou.

Giorgio Vasari het die tradisionele beskouing van sy tyd opgeteken wat die ontwerp daarvan toeskryf aan Taddeo Gaddi —wat met die uitsondering van Giotto een van die min artistieke name van die trecento was wat tweehonderd jaar later steeds bekend was. Moderne historici maak melding van Neri di Fioravanti as die moontlike bouer van die brug.

In 'n klein "loggia" by die sentrale opening van die brug is 'n verweerde toewydingsklip, wat eens gelees het: Nel trentatrè dopo il mille-trecento, il ponte cadde, per diluvio dell 'acque: poi dieci anni, come al Comun piacque, rifatto fu con questo adornamento. Vryelik vertaal lees dit as volg: "In die drie-en-dertigste jaar wat gevolg het op dertienhonderd, het die brug geval tydens 'n vloed: tien jaar later is dit herbou, met hierdie versiering". (Touring Club Italiano, Firenze e dintorni 1964: 321) Die Torre dei Mannelli is op die suidoostelike hoek van die brug gebou om dit te verdedig.

Die brug bestaan uit drie segmentboë: die hoofboog het 'n spanwydte van 30 meter, die twee syboë het 'n wydte van 27 meter elk. Die laer-geleë boë met segmente, wat minder pilare benodig as die halfsirkelvormige boog wat tradisioneel deur die Romeine gebruik is, het maklike toegang aan waens verleen. 'n Verdere opvallende ontwerpelement is die groot piazza in die middel van die brug, wat Leon Battista Alberti beskryf het as 'n prominente kenmerk van die stad.

'n Steen met 'n inskripsie van Dante (Paradiso xvi. 140-7) wys die plek by die ingang van die brug aan waar Buondelmonte de' Buondelmonti in 1215 deur die Amidei-familie vermoor is, wat die begin van die stedelike gevegte tussen die Guelfs en Ghibellines ingelui het.

Die brug het nog altyd winkels en handelaars gehuisves wat hul goedere op tafels voor hul persele vertoon het, ná magtiging deur die Bargello.

Latere byvoegings en wysigings Ten einde die Palazzo Vecchio (Florence se stadsaal) met die Palazzo Pitti te verbind, het Cosimo I de' Medici in 1565 die Vasari-korridor deur Giorgio Vasari laat bou, waarvan 'n gedeelte bo die Ponte Vecchio loop. duimnael|Die Vasari-korridor gesien vanaf die Palazzo Vecchio tot die Uffizi Ten einde die aansien van die brug te verhoog en dit op te ruim, is 'n dekreet in 1595 uitgevaardig wat slagters van die brug uitgesluit het (slegs goudsmede en juweliers is toegelaat), welke reël tot vandag toe nog geld. Die slagtersvereniging het die winkels op die brug vanaf 1442 gemonopoliseer.

Die agterwinkels (retrobotteghe) wat van die rivier af gesien kan word, is in die sewentiende eeu bygevoeg.

20ste eeu Om die vierde eeu van die geboorte van die groot Florentynse beeldhouer en goudsmid Benvenuto Cellini te herdenk en te vier het die voorste goudsmede van die brug die Florentynse beeldhouer Raffaello Romanelli opdrag gegee om 'n bronsbeeld van Cellini te skep wat bo-op 'n fontein in die middel aan die oostelike kant van die brug staangemaak sou word, waar dit tot vandag toe nog staan. duimnael|Skade wat opgedoen is en getoon word kort na bevryding in Augustus 1944 tydens die Tweede Wêreldoorlog Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die Ponte Vecchio nie deur die Duitse leër op 4 Augustus 1944 vernietig tydens hul terugtog nie, in teenstelling met die ander brûe in Florence. Encyclopædia Britannica online, 'Ponte Vecchio'. Volgens plaaslike inwoners en toergidse was dit as gevolg van 'n uitdruklike bevel van Hitler. Toegang tot die Ponte Vecchio is egter belemmer deur die vernietiging van die geboue aan beide kante van die brug, wat sedertdien herbou is met 'n kombinasie van oorspronklike en moderne ontwerpe.

Die brug is in 1966 ernstig beskadig tydens die vloeding van die Arno. Ponte Vecchio at web site of the Kunsthistorisches Institut in Florenz

Tussen 2005 en 2006 is 5 500 slotte (bekend as "liefdeslotte") wat aan die relings rondom die borsbeeld van Cellini geheg was deur die stadsraad verwyder. Volgens die raad was die slotte esteties onbevredigend en het dit skade aangerig aan die borsbeeld en relings. Boetes is nou betaalbaar vir die aanbring van liefdeslotte aan die brug.

Panorama

In kuns Die brug word genoem in die aria "O mio babbino caro" deur Giacomo Puccini.

Sien ook Vasari-korridor

Verwysings

Bronne Chiarugi, Andrea, Foraboschi, Paolo'Maintenance of the Ponte Vecchio historical bridge in Florence', in Extending the Lifespan of Structures, Vol. 2 (San Francisco: IABSE Symposium Report, 1995) pp. 1479–1484 Dupré, Judith (2017). Bridges: A History of the World's Most Spectacular Spans. New York: Hachette/Black Dog & Leventhal Press. Flanigan, Theresa, "The Ponte Vecchio and the Art of Urban Planning in Late Medieval Florence," Gesta 47 (2008): 1-15. Fletcher, Banister: A History of Architecture (Londen: The Butterworth Group, 1987, ) pp. 756–757 Graf, Bernhard, Bridges that Changed the World (München, Duitsland: Prestel, 2002, ) pp. 38–39

Eksterne skakels

Onafhanklike studie van die Ponte Vecchio met prente Ponte Vecchio, Florence Oorsig van die Ponte Vecchio Virtuele toer van die Ponte Vecchio

Kategorie:Florence Kategorie:Brûe in Italië