Noord-Samies (davvisámegiella; Fins: pohjoissaame, [ˈpohjoi̯sˌsaːme]; Noors: nordsamisk; Sweeds: nordsamiska) is die mees gebruikte van die Samiese tale. Die gebied, waar Noord-Samies gepraat word, streek oor die noordelike dele van Noorweë, Swede en Finland. Die aantal sprekers van Noord-Samies word tussen 15 000 en 25 000 geskat. Sowat 2 000 hiervan bly in Finland en tussen 5 000 en 6 000 in Swede.

duimnael|links|Samiese dialekte in Skandinawië en Noord-Rusland: 1 Suid-Samies, 2 Ume-Samies, 3 Pite-Samies, 4 Lule-Samies, 5 Noord-Samies, 6 Skolt-Samies, 7 Inari-Samies, 8 Kildin-Samies, 9 Ter-Samies In Noorweë is Noord-Samies een van drie amptelik erkende variante van Samies (saam met Lule-Samies en Suid-Samies) en geniet saam met Noors (Bokmål en Nynorsk) amptelike status.

Skryfstelsel A aÁ áB bC cČ čD dĐ đE eF fG gH hI iJ jK kL lM mN nŊ ŋO oP pR rS sŠ šT tŦ ŧU uV vZ zŽ ž

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Samiese tale Kategorie:Tale van Finland Kategorie:Tale van Noorweë Kategorie:Tale van Swede