Suid-Samies (åarjelsaemien gïele; Noors: sørsamisk; Sweeds: sydsamiska) is die suidwestelikste van die Samiese tale en word in Noorweë en Swede gepraat. Dit is 'n ernstig bedreigde taal; die taal word veral in die munisipaliteite Snåsa, Røyrvik, Røros (Trøndelag, Sentraal-Noorweë) en Hattfjelldal (Nordland, Noord-Noorweë) in Noorweë gebesig. Suid-Samies kan op die Nord-universiteit in Levanger, die Umeå-universiteit in Umeå en die Uppsala-universiteit in Uppsala studeer word. In 2018 is op die Umeå-universiteit twee meestersgrade in dié taal geskryf. Taalkursusse word ook by verskeie Samiese taalsentras in die Suid-Samiese gebied gehou.
duimnael|links|Samiese dialekte in Skandinawië en Noord-Rusland: 1 Suid-Samies, 2 Ume-Samies, 3 Pite-Samies, 4 Lule-Samies, 5 Noord-Samies, 6 Skolt-Samies, 7 Inari-Samies, 8 Kildin-Samies, 9 Ter-Samies In Noorweë is Suid-Samies een van drie amptelik erkende variante van Samies (saam met Lule-Samies en Noord-Samies) en geniet saam met Noors (Bokmål en Nynorsk) amptelike status.
Skryfstelsel A aB bD dE eF fG gH hI iÏ ïJ jK kL lM mN nO oP pR rS sT tU uV vY yÆ æÖ öÅ å
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Samiese tale Kategorie:Tale van Noorweë Kategorie:Tale van Swede