Die R603 is 'n streeksroete wat die N3-nasionale pad by Umlaasweg met Kingsburgh verbind. Die roete begin waar dit aftak van die N3-nasionale by Umlaasweg naby Camperdown. Die roete gaan suidoos, verby die afdraai van die R624 na Eston, gaan deur Umbumbulu en eindig waar dit by die N2-nasionale pad aansluit by Kingsburgh.

Sien ook Lys van streeksroetes in Suid-Afrika Genommerde roetes in Suid-Afrika

Bron Dept. Transport

Kategorie:Streeksroetes in KwaZulu-Natal