Cheryl Phillips (gebore 23 Februarie 1962) is 'n Suid-Afrikaanse politikus van Noordwes wat sedert Mei 2019 in die Nasionale Vergadering dien. Sy is 'n lid van die Demokratiese Alliansie en is sedert Desember 2020 die adjunkskaduminister van die omgewing, bosbou en visserye. Sy was die adjunkskaduminister van minerale bronne en energie van Junie 2019 tot Desember 2020. Phillips het voorheen as wyksraadslid in Rustenburg gedien.

Politieke loopbaan Phillips het haar beywer vir die "Ja" -stem in die 1992-referendum. Sy verhuis in 2001 na Rustenburg en sluit by die Demokratiese Party en later die Demokratiese Alliansie, aan.

In 2014 is sy in haar wykskomitee aangestel. Phillips is verkies tot die wyksraadslid vir wyk 16 in 'n tussenverkiesing in Januarie 2016.

Parlementêre loopbaan In Mei 2019 word sy tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika verkies op die DA se streekslys. Op 5 Junie 2019 word sy aangestel as die adjunkskaduminister van minerale bronne en energie van die party.

In Desember 2020 word sy aangestel as adjunkskaduminister van van die omgewing, bosbou en visserye in die nuwe skadukabinet onder leiding van John Steenhuisen.

Persoonlike lewe Phillips is getroud en het kinders.

Eksterne skakels Nasionale Vergadering biografie Profiel by People's Assembly biography

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1962 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie