Noko Phineas Masipa (gebore op 16 Oktober 1968) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert die algemene verkiesing in 2019 in 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie is.

Studies Masipa het 'n Meestersgraad in Bedryfsadministrasie aan die Management College of Southern Africa (MANCOSA), 'n B.Com-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika, en 'n nasionale diploma in verpleegkunde van Sarleh Dollie Verpleegkollege in samewerking met die Universiteit van Wes-Kaapland.

Beroep Masipa het in die banksektor gewerk voordat hy aktief by die politiek betrokke geraak het. Hy was 20ste geplaas op die Demokratiese Alliansie se nasionale lys vir die algemene verkiesing in 2019 en het daarmee 'n setel in die Nasionale Vergadering verower.

Masipa is tans 'n alternatiewe lid op die portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.

Verwysings

Eksterne skakels Noko Phineas Masipa se profiel op People's Assembly

Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie