1 Februarie is die 32ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 333 dae in die res van die jaar (334 in skrikkeljare).
Gebeure 900 – Pous Benedictus IV volg Pous Johannes IX op. 1119 – Pous Callixtus II volg Pous Gelasius II op. 1649 – Pous Innocentius X verklaar Sint Nicholas van Flüe salig. 1796 – Die hoofstad van Bo-Kanada word geskuif van Newark (nou Niagara-on-the-Lake) na York (nou Toronto), wat as minder kwesbaar vir aanvalle uit VSA geoordeel is. 1836 – Pous Gregorius XVI stel Jean-Louis Lefebvre de Cheverus, aartsbiskop van Bordeaux en Gabriele della Genga Sermattei, aartsbiskop van Ferrara aan as kardinale. 1871 – Tydens die Frans-Duitse Oorlog vlug die Boerbaki-leer met 90 000 soldate en 10 000 perde na veiligheid oor die Switserse grens. 1946 – Noorweegse politikus Trygve Lie word verkies tot die eerste VN-sekretaris-generaal. 1953 – Die watersnoodramp vind plaas in Nederland. 1958 – Egipte en Sirië smelt saam om die Verenigde Arabiese Republiek te vorm. 1958 – Amerika plaas hulle eerste satelliet, Explorer 1, in 'n wentelbaan om die aarde. 2003 – Die NASA Ruimtependeltuig Columbia disintegreer bo Texas tydens terugkeer in die aarde se atmosfeer op sy 28ste en finale sending.
Geboortes 1550 – John Napier, Skotse wiskundige († 1617). 1659 – Jacob Roggeveen, Nederlandse ontdekkingsreisiger wat gestuur is om Terra Australis te vind († 1729). 1712 – Konrad Ernst Ackermann, Duitse bestuurder-akteur († 1771). 1761 – Christiaan Hendrik Persoon, Suid-Afrikaanse botanikus en mikoloog († 1836). 1811 – Philip Eduard Faure, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant († 1882). 1873 – P.G.W. (Piet) Grobler, Suid-Afrikaanse politikus († 1942). 1884 – Jewgeni Zamjatin, Russiese skrywer († 1937). 1888 – Hans Anton Aschenborn, Duitsgebore Namibiese skrywer en natuurskilder († 1931). 1896 – Ivan Mitford-Barberton, Suid-Afrikaanse beeldhouer en skrywer († 1976). 1901 – Clark Gable, Amerikaanse akteur († 1960). 1931 – Boris Jeltsin, Russiese staatsman, president van die Russiese Federasie († 2007). 1939 – Fritjof Capra, Oostenrykse gebore Amerikaanse skrywer, fisikus, stelselteoretikus en ekoloog. 1949 – George Friedman, Hongaars-gebore Amerikaanse futuris, politieke wetenskaplike en skrywer. 1952 – Jenő Jandó, Hongaarse pianis en professor († 2023). 1962 – Zanele kaMagwaza-Msibi, SA politikus en president van die Nasionale Vryheidsparty († 2021). 1963 – Wayne Thring, politikus en adjunkpresident van die Afrika Christen Demokratiese Party. 1965 – Brandon Lee, Amerikaanse akteur († 1993). 1968 – Pauly Shore, Amerikaanse akteur. 1978 – Martijn van Dam, Nederlandse PvdA-politikus. 1981 – Graeme Smith, voormalige Suid-Afrikaanse krieketkaptein. 1987 – Ronda Rousey, Amerikaanse professionele stoeier, aktrise en skryfster. 1990 – Moseline Daniels, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler. 1994 – Harry Styles, Engelse sanger en akteur. 1995 – Paula Beer, Duitse aktrise.
Sterftes 1691 – Pous Alexander VIII, 241ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1610). 1733 – Koning August II van Pole (* 1670). 1738 – Philippe van Dievoet, Belgiese goudsmid van koning Lodewyk XIV (* 1654). 1897 – Constantin von Ettingshausen, Oostenrykse geoloog en plantkundige (* 1826). 1922 – Yamagata Aritomo, Japannese politikus en generaal (* 1838). 1944 – Piet Mondriaan, Nederlandse skilder (* 1872). 1964 – Mabel Malherbe, Suid-Afrikaanse politikus, joernalis, tweede vrou tot die Volksraad verkies en eerste burgemeesteres van Pretoria (* 1879). 1966 – Hedda Hopper, Amerikaanse aktrise en joernalis (* 1885). 1997 – Victor Ivanoff, Suid-Afrikaanse kunstenaar, spotprenttekenaar en sanger (* 1909). 2012 – Wisława Szymborska, Poolse digteres en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde in 1996 (* 1923). 2013 – Louis Luyt, Suid-Afrikaanse sakeman, sportadministrateur (* 1932). 2013 – Carol Brewster, Amerikaanse aktrise (* 1927). 2014 – Maximilian Schell, Oostenryks-Switserse akteur en regisseur (* 1930). 2025 – Horst Köhler, Duitse president (* 1943). 2025 – Johan Oberholzer, Namibiese sanger, liedjieskrywer en komponis (* 1982).
Gepubliseer Taalkunde 1884 – Die eerste bundel van die Oxford English Dictionary.
Kategorie:Februarie