Janet Louise Yellen (gebore 13 Augustus 1946) is 'n Amerikaanse ekonoom van Joodse afkoms en sedert 26 Januarie 2021 die 78ste Amerikaanse minister van finansies. Sy was van 2014 tot 2018 die 15de voorsitter van die Federale Reserweraad. Sy is 'n lid van die Demokratiese Party.

Yellen was 'n lid van die Federale Reserweraad Raad van Goewerneurs tussen 1994 tot 1997 en weer van 2010 tot 2018. Tussen 1997 en 1999 het sy as voorsitter van die Raad van Ekonomiese Adviseurs onder president Bill Clinton gedien. Sy was van 2004 tot 2010 die president van die Federale Reserwebank van San Francisco. Vanaf 2010 tot 2014 het sy as ondervoorsitter van die Federale Reserweraad gedien.

In 2014 het president Barack Obama vir Yellen genomineer om Ben Bernanke as voorsitter van die Federale Reserweraad op te volg. Sy het net een termyn gedien en is in 2018 nie weer deur president Donald Trump aangewys nie.

Op 30 November 2020 het president Joe Biden aangekondig dat hy vir Yellen sal benoem om as minister van finansies in sy kabinet te dien. Die Finansiële Komitee van die Senaat het Yellen se bevestiging op 22 Januarie 2021 eenparig goedgekeur. Die Amerikaanse Senaat het haar benoeming met 'n stem van 84–15 (met een Senator wat nie stem nie) op 25 Januarie 2021 goedgekeur. Sy is toe die volgende deur visepresident Kamala Harris ingehuldig. Yellen is die eerste vrou in Amerikaanse geskidenis om as minister van finansies te dien en die eerste persoon wat die drie magtigste ekonomiese liggame in die federale regering van die Verenigde State gelei het: die Departement van Tesourie, die Federale Reserweraad en die Withuisraad van Ekonomiese Adviseurs. Verwysings

Eksterne skakels Biografie op die Verenigde State se Departement van Tesourie Biografie op die Federale Reserweraad Withuis biografie (geargiveer) Janet L. Yellen op die Brookings Institution Janet L. Yellen op die Haas School of Business

Kategorie:Amerikaanse akademici Kategorie:Amerikaanse ekonome Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Amerikaanse ministers Kategorie:Ministers van Finansies Kategorie:Bankiers Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Lewende mense