Sigulda (Duits: Segewold) is 'n stad in die middel van Letland, 53 km van Riga, aan die Gauja-rivier geleë. As gevolg van die rooierige Devoonse sandsteen wat steil rotse en grotte aan beide oewers van die rivier vorm, is Sigulda 'n plaaslike toerismesentrum. Sigulda is die administratiewe sentrum van die Sigulda Munisipaliteit (Lets: Siguldas novads). Sigulda het 'n bobslee-baan en bied internasionale kompetisies daarin aan.

Geskiedenis Aan die einde van die XII eeu het daar Lyfs- en Letgalle stamme naby Sigulda gewoon. Hulle het ongeveer tien houtkastele gehad. Aan die begin van die XIII eeu is die huidige gebied van die stad beset deur Duitse kruisvaarders, wat drie klipkastele gebou het - Sigulda (vir die Lyflandse Orde), Krimulda (Duits: Kremona, vir die stad Riga) en Turaida (Duits: Treyden, vir Aartsbiskopie van Riga).

Demografie Etniese groepe (2005) Lette 86% Russies 9% Wit-Russies 2%

Persoonlikhede Sandis Ozoliņš (1972—), yshokkiespeler

Susterstede

Prente

Verwysings

Eksterne skakels

Sigulda.lv

Kategorie:Nedersettings in Letland