Die Gydoberg is 'n berg noord van Ceres in die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit van die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit het 'n hoogte van 1 616 m.https://peakery.com/gydoberg-south-africa/ Na die ooste sluit dit by die Waboomberge aan.

Gydo, op die Afrikaanse manier uitgespreek, sou volgens sommige "styl deurgang" beteken, maar is volgens 'n ander voorstel 'n soort noors wat hier teen die hange groei.Gydo Pass, sa-venues.com

Flora en fauna Die Gydo-tolbos is inheems aan die omgewing. Die Lepidochrysops gydoae ('n skoenlapper) kom net op die hange van hierdie en die Theronsberg voor. Die Koue- en Warmbokkeveld wat weerskante van die berg gevind word, sou na springbokke verwys wat eens hier algemeen was.

Verwysings

Eksterne skakels Gydoberg op instagram.com

Kategorie:Berge van Suid-Afrika