Roanoke () is 'n onafhanklike stad in Virginië, Verenigde State. Volgens die federale sensus van 2010 is die bevolking 97,032 siele. Dit is geleë in die Roanoke-vallei van die Roanoke-streek van Virginië.
Roanoke is die grootste munisipaliteit in suid-wes Virginië en die hoof-munisipaliteit van die Metropolitaanse gebied van Roanoke, wat met ingang 2010 oor 'n bevolking van 308,707 siele beskik het. Dit bestaan uit die onafhanklike stede van Roanoke en Salem, Botetourt County, Craig County, Franklin County en Roanoke County. Die Roanoke-rivier verdeel Roanoke in twee. Roanoke is die kommersiële- en kulturele spilpunt van die grootste deel van suid-wes Virginië.-
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Virginië