Lepidochrysops gydoae, die Gydo-blou, is 'n skoenlapper van die Lycaenidae familie. Dit kom voor in Suid-Afrika, waar dit beperk is tot fynbos aan die noordelike hange van die Gydoberg en die Theronsberg in die Wes-Kaap.

Die vlerkspan is 41–45 mm vir mannetjies en 43–46 mm vir wyfies. Volwassenes is van November tot Januarie op vleuel. Daar is een generasie per jaar.

Die larwes voed waarskynlik op die Selago-spesies.

Verwysings

Kategorie:Lycaenidae