31 Januarie is die 31ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 334 dae in die res van die jaar (335 in skrikkeljare).

Gebeure

314 – Pous Silvester I volg Pous Miltiades op. 993 – Pous Johannes XV verklaar Ulrich van Augsburg heilig; dit was die eerste heiligverklaring ooit. 1472 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Lausanne. 1483 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word kardinaal-biskop van Ostia. 1560 – Pous Pius IV stel drie nuwe kardinale aan, waaronder sy neef Carlo Borromeo. 1606 – Guy Fawkes word tereggestel vir sy aandeel in die Buskruitverraad teen die Engelse parlement en koning Jakobus I. 1876 – Die Verenigde State beveel alle inheemse Amerikaners om na reservate te trek. 1905 – Die NG gemeente Leipoldtville stig van die NG gemeente Clanwilliam af. 1927 – Die Nasionale Party en Suidwes-party (bondgenoot van die Suid-Afrikaanse Party in Suidwes-Afrika) smelt in Windhoek saam as die Verenigde Nasionale Suidwes-party. 1938 – Die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad (Suid-Afrika) word geopen. 1946 – In Joego-Slawië stel ’n nuwe grondwet die ses republieke waaruit dit bestaan daar: Bosnië en Herzegowina, Kroasië, Masedonië, Montenegro, Serwië en Slowenië. 1961 – Ham, 'n sjimpanseemannetjie wat 17 kilogram weeg, word die ruimte ingestuur in Mercury-Redstone 2, as deel van 'n toets in die Mercury-program met die uiteindelike idee om Amerikaanse ruimtevaarders ook daar te kry. 1968 – Nauru verkry onafhanklikheid van Australië, Nieu-Seeland en die Verenigde Koninkryk. 1970 – Die 1969-70 Springbok-rugbytoer na Ierland en Brittanje eindig in Cardiff, Wallis. 2010 – Die Afrika-unie verander hul vlag. 2013 – Die tiende Vrouekrieketwêreldbeker begin in Indië.

Geboortes 1797 – Franz Schubert, Oostenrykse komponis († 1828). 1808 – Jacobus Nicolaas Boshoff, Vrystaatse politikus en staatsman, President van die Oranje-Vrystaat († 1881). 1885 – Tinus de Jongh, Suid-Afrikaanse skilder († 1942). 1930 – Renata Coetzee, ’n kenner van die tradisionele voedselkulture van Suid-Afrikaners († 2018). 1933 – Bernardo Provenzano, Italiaanse mafioso († 2016). 1938 – Beatrix, koningin van Nederland. 1940 – Albie Venter, Suid-Afrikaanse rolprentregisseur en -vervaardiger († 1990). 1940 – Kitch Christie, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en afrigter († 1998). 1941 – Eugène Terre’Blanche, Suid-Afrikaanse regse politieke aktivis († 2010). 1941 – Ina Bauer, Duitse aktrise († 2014). 1941 – Jessica Walter, Amerikaanse aktrise († 2021). 1946 – Stan Christodoulou, Suid-Afrikaanse boksskeidsregter en -beoordelaar. 1946 – Jan Groenewald, Suid-Afrikaans akteur, televisieredakteur en dramaturg († 2024). 1956 – John Lydon, Engelse sanger. 1956 – Trevor Manuel, Suid-Afrikaanse ANC-politikus. 1959 – Anthony LaPaglia, Australiese akteur, vervaardiger en skrywer. 1965 – Carl Walter Meyer, Suid-Afrikaanse skilder († 2017). 1966 – Jyrki Järvilehto (kortweg JJ Lehto), Finse Formule Eenrenjaer. 1971 – Gábor Kósa, Hongaarse historikus van godsdienste. 1973 – Portia de Rossi, Amerikaanse aktrise. 1974 – Michael Waltz, Amerikaanse politikus en 29ste Nasionale Veiligheidsadviseur van die Verenigde State.

Sterftes

1606 – Guy Fawkes, samesweerder teen die Protestantse regering van Jakobus I van Engeland (* 1570). 1666 – Shah Jahan, die vyfde Mogol-Keiser van Indië (* 1592). 1729 – Jacob Roggeveen, Nederlandse ontdekkingsreisiger wat gestuur is om Terra Australis te vind (* 1659). 1933 – John Galsworthy, Engelse romanskrywer en dramaturg, Nobelprys-wenner (* 1867). 2009 – Trudie Taljaard, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1948).

Kategorie:Januarie