28 Januarie is die 28ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 337 dae in die res van die jaar (338 in skrikkeljare).

Gebeure

1521 – Die Ryksdag van Worms word byeengeroep om Martin Luther en die Protestantse hervorming in die Heilige Romeinse Ryk te bespreek. 1561 – Die vervolging van Franse Hugenote word deur die Edik van Orléans opgeskort. 1671 – Pous Clemens X verklaar Louise Albertoni salig. 1675 – Vincenzo Maria Orsini (Later Pous Benedictus XIII) word Metropolitaanse aartsbiskop van Manfredonia (Italië). 1709 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word aartsbiskop-biskop van Osimo (Italië). 1744 – Die Nederlandse owerheid dwing die Morawiese sendeling Georg Schmidt van Genadendal om die Kaap te verlaat deur hom te verbied om die doop te bedien. 1807 – Londen word die wêreld se eerste stad met gasbeligting. 1846 – Die Susan, die eerste van 19 skepe wat 4 185 kontrak-immigrante binne vyf jaar na die Kaapkolonie sou bring, kom in die Kaap aan. 1855 – ’n Lokomotief op die Panamaspoorweg voltooi die wêreld se eerste transkontinentale oorkruising. 1871 – Georges de Villebois-Mareuil, wat ook teen die Britte geveg het in die Tweede Vryheidsoorlog, word swaar gewond in 'n slag om die brug van Blois vanaf Pruise te herower. 1881 – Eerste Vryheidsoorlog: Die Slag van Laingsnek vind plaas en genl. Piet Joubert verslaan die magte van genl. Sir George Colley. 1904 – Die Het Volk politieke party word in die Transvaalkolonie gestig. 1918 – Rebelle neem beheer van Helsinki en dwing die senaat van Finland ondergronds tydens die Finse Burgeroorlog. 1921 – ’n Simboliese graf van die Onbekende Soldaat word onder die Arc de Triomphe in Parys geïnstalleer. 1932 – Japannese troepe beset Shanghai in China. 1959 – Die Hoërskool Groote Schuur, Kaapstad, amptelik geopen deur Otto du Plessis, Kaapland se administrateur. 1970 – Die Henley on Klip busramp vind plaas. 1978 – Elf mense sterf toe die Apiesrivier en Moreletaspruit hul walle oorstroom na 'n wolkbreuk in Pretoria. 1986 – Die NASA-ruimtependeltuig Challenger ontplof 73 sekondes na lansering vanaf Kaap Canaveral. Al sewe bemanningslede sterf. 2021 – Verskeie aandelemakelaars verbied die tydelike aankoop van GameStop aandele na 'n kortdruk-aksie wat verskansingsfondse miljarde dollars in verliese op die aandelebeurse kos.

Geboortes

1457 – Hendrik VII, koning van Engeland († 1509). 1600 – Giulio Rospigliosi (later Pous Clemens IX) († 1669). 1611 – Johannes Hevelius, Duits-Poolse sterrekundige († 1687). 1822 – Alexander Mackenzie, Kanadese bouaannemer, koerantuitgewer en staatsman, Eerste Minister van Kanada († 1892). 1835 – Frans Lion Cachet, Nederlandse predikant en skrywer († 1899). 1841 – Henry Morton Stanley, Wallies-Amerikaanse ontdekkingsreisiger en joernalis († 1904). 1873 – Colette, Franse skrywer († 1954). 1887 – Arthur Rubinstein, Poolse pianis († 1982). 1912 – Jackson Pollock, Amerikaanse skilder († 1956). 1925 – Don McKay, Amerikaanse akteur († 2018). 1928 – Vic Toweel, Suid-Afrikaanse bokser († 2008). 1944 – John Tavener, Engelse komponis († 2013). 1945 – Karen Lynn Gorney, Amerikaanse aktrise. 1948 – Mikhail Baryshnikov, Russies-Amerikaanse balletdanser. 1955 – Nicolas Sarkozy, Franse politikus en staatsman, President van Frankryk. 1955 – Vinod Khosla, Amerikaanse entrepreneur en waagkapitalis. 1961 – Arnaldur Indriðason, Yslandse skrywer. 1967 – Bongani Mayosi, Suid-Afrikaanse professor († 2018). 1980 – Nick Carter, Amerikaanse musikant. 1988 – Kiernan Jordan Forbes (AKA), Suid-Afrikaanse musiekkunstenaar en kletsrymer († 2023).

Sterftes

814 – Karel die Grote, Romeinse keiser (* 742). 1547 – Hendrik VIII, koning van Engeland (* 1491). 1596 – Sir Francis Drake Engelse admiraal en ontdekkingsreisiger (* 1540). 1621 – Pous Paulus V, 233ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1552). 1687 – Johannes Hevelius, Duits-Poolse sterrekundige (* 1611). 1919 – Groothertog Paul Aleksandrowitsj van Rusland, die sesde oudste seun en jongste kind van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna (* 1860). 1919 – Groothertog Dmitri Konstantinowitsj van Rusland, seun van groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland en ’n neef van tsaar Aleksander III (* 1860). 1919 – Groothertog Nikolaas Michailowitsj van Rusland, die oudste seun van groothertog Michail Nikolajewitsj van Rusland (* 1859) 1939 – William Butler Yeats, Ierse digter en dramaturg (* 1865). 1986 – Gregory Jarvis (* 1944), Christa McAuliffe (* 1948), Ronald McNair (* 1950), Ellison Onizuka (* 1946), Judith Resnik (* 1949), Dick Scobee (* 1939) en Michael J. Smith (* 1945), Amerikaanse ruimtevaarders van Challenger. 1988 – Klaus Fuchs, Duitse teoretiese fisikus en atoomspioen (* 1911). 1996 – Joseph Brodsky, Russies-Amerikaanse digter en essayis (* 1940). 2002 – Astrid Lindgren, Sweedse kinderboekskrywer wat Pippi Langkous geskep het. (* 1907). 2005 – Artūras Barysas, Litause kunstenaar (* 1954). 2014 – Pete Seeger, Amerikaanse folksanger en aktivis (* 1919). 2020 – Betty Cavanagh, eerste amptelike vroulike wenner van die Comrades (* onbekend). 2020 – Marj Dusay, 'n Amerikaanse aktrise (* 1936). 2021 – Sibongile Khumalo, Suid-Afrikaanse sanger (* 1957). 2021 – Cicely Tyson, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1924).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae

Kategorie:Januarie